‘Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, and fabulous? Actually, who are you not to be?’
- Nelson Mandela quoting Marianne Williamson
Januarie 2012 is agter die rug en met die hoeveelheid oujaarsfoute en nuwejaarsvoornemens wat ons elkeen het, hoop ons dat u ten minste ‘n paar doelwitte vir 2012 gestel het!
As u die ekonomiese nuus van die dag lees, sal u oplet dat kospryse in Suid-Afrika in Desember nagenoeg 11,6% hoër as die jaar tevore was, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA). Dit in ag geneem is daar natuurlik geen beter tyd om bietjie minder te eet en weer daar fietse lyfie terug te kry nie.
Daar is so baie wat Lichtenburg en omgewing vir u bied in Februarie en Maart en hierdie jaar het u geen rede om lyf weg te steek nie. Raak betrokke by die doen en late van u dorp. As u nie by die Ottosdal draf en trap laas Saterdag was nie, is dit nou die tyd om u fiets af te stof en die drafskoene weer uit die kas te haal, want daar word groot makiete beplan op die naweek van 2 en 3 Maart! Hierdie jaar word die Zebra Zamba Marathon saam met Lichtenburg se eie Waterfees gehou. Ons hoop om u daar te sien! Die organiseerders het natuurlik nog baie hulp nodig en u kan vir Chris Breedt by 0836281344 of Christelle Breedt by 0827888618 skakel as u wil betrokke raak. Die voorsitter van die Lichtenburg Marathonklub, Hein van Rooyen, kan ook geskakel wor by 082 873 1098.
As u nog belangstel in die Lichtenburg Sakekamer en PriceWaterHouseCoopers se Begrotingsredeontbyt, moenie vergeet om te RSVP by Leandri Smit van PWC nie, u kan haar kontak by 018 386-4719. Soos altyd, gaan hierdie weer ‘n baie informatiewe geleentheid wees saam met Theo Venter as spreker. Kom luister wat u kan verwag van die ekonomie in 2012. Die tema is “Creating Opportunities in tough times”. Almal is welkom en die funksie word gratis aangebied deur PWC.
Die Lichtenburg Sakekamer benodig ook u hulp. Elke jaar gaan daar baie beplanning en organisering in die Sakekamer in. Die bestuur is ook almal mense wat voltydse beroepe het en daar is eenvoudig nie altyd tyd om by alles uit te kom nie. Ons het u nodig om te help beplan en idees uit te ruil en natuurlik om hierdie idees tot uitvoering te bring. Indien u kans sien om ‘n hand by te sit, laat weet my gerus, vergaderings se datums sal hiernaas gemeld word. Die Algemene Jaarvergadering sal plaasvind op 24 Februarie, direk na afloop van die begrotingsrede. Alle lede en voornemende lede is welkom.
Die Lichtenburg Sakekamer se “Adopt an island” projek het ook einde laas jaar afgeskop waar dit nou moontlik is vir ‘n onderneming om ‘n verkeerseiland “aan te neem” en te onderhou.
Groete namens die Lichtenburg Sakekamer
Read more...
Article Headlines
Nuusbrief Februarie 2012
‘Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, and fabulous? Actually, who
Read more...
Sakekamer nuusbrief Januarie 2012
Sakekamer lede en belanghebbendes:
Welkom terug in 2012! Indien jy die golwe by die kus gaan aandurf het of sommer in Jan Tuisbly se tuin gaan rondstap het, is ons bly om jou hier in Lichtenburg en omgewing te hê. Indien daar lede is wat nog nie 2012
Read more...
Sakekamer nuusbrief 30 September 2011
Sakekamer lede en belanghebbendes,
Dis weer tyd vir skoolvakansies, sensusse en natuurlik in Potch, die Aardklop Kunstefees. Slegte nuus natuurlik vir vakansiegangers is dat Valsbaai in Kaapstad steeds gesluit is ná 'n witdoodshaai 'n swemmer by Clovel
Read more...
Die Strandlopers - Deur Ulrich Joubert
Hierdie is die 8ste ekonomiese oorsig vanjaar
Read more...
Die Strandlopers deur Ulrich Joubert
DIE STRANDLOPERS
Hierdie is die sesde verslag vanjaar.
Opmerking
Hierdie verslag is die hoogste wat nog die lig gesien het, naamlik sowat 33,000 vt
of 10 kilometer bo seevlak. Dis ook die eerste wat aanvanklik in die noordelike
halfrond bo die Atlant
Read more...
AHI Ekonomiese Barometer - Julie 2011
Indiensneming styg weer vinniger
Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers vir die eerste kwartaal van 2011, soos gemeet aan die
hand van die styging in die bruto binnelandse produk (BBP), het versnel tot 4,8% teen ’n
seisoenaal aangesuiwerde jaarkoers (saj
Read more...
Sakekamer nuusbrief Julie 2011
Vandag het ons weereens baie stories om te deel. Lees maar noukeurig die nuusbrief om seker te maak jy mis nie uit nie!
Read more...
Laws Amendment Bill
Please find attached a Tax Alert detailing the proposal in the newly released Draft Taxation Laws Amendment Bill 2011 whereby the current intra group tax roll-over relief in section 45 will be suspended with immediate effect from 3 June 2011.
Read more...
Sakekamer nuusbrief 2 Junie 2011
Ons is midde-in die winter, en dit is bibber-weer buitekant! Maak seker jy is lekker warm aangetrek, maar moenie vergeet van die organisasies wat goeie werk doen in ons gemeenskap wanneer jy die klere uitgooi wat dalk bietjie “gekrimp” het nie.
D
Read more...
Lichtenburg Chamber of Commerce annual business breakfast
On 25 May 2011 the Lichtenburg Chamber of Commerce held it’s annual business breakfast at the LaFarge Club hall. This inspiring event was sponsored by LaFarge and NWK. Claude Möller is a business- and life coach and also presents a motivational segment on
Read more...
Latest News
“Alles-in-een-fees” Hoërskool Lichtenburg 10 - 18 Augustus 2011.
Onthou van die Kunstefees wat plaasvind by Hoërskool Lichtenburg 10 - 18 Augustus 2011.
Die fees se naam is die “Alles-in-een-fees” en bekende kunstenaars soos Chris Chameleon en die Heuwels Fantasties gaan optree.
Op Vrydag 12 Augustus is daar 'n Kuns- en fotografieuitstalling, wat beloof om baie opwindend te wees. Dit vind plaas in die ou skoolsaal van Hoërskool Lichtenburg - 18:30 vir 19:00. Kom raak geïnspireer deur Merna Meyer (NWU-Opvoedkunde) en geniet ‘n vinge
Read more...

