Sakekamer lede en belanghebbendes:
Welkom terug in 2012! Indien jy die golwe by die kus gaan aandurf het of sommer in Jan Tuisbly se tuin gaan rondstap het, is ons bly om jou hier in Lichtenburg en omgewing te hê. Indien daar lede is wat nog nie 2012 se spogkalender ontvang het nie, laat weet maar en ons sal ‘n plan maak om een by jou so gou moontlik te kry. Die wenfoto op die kalender hiernaas is deur Jennings Alabanza ingestuur met.
Suid-Afrikaners kan hulle regmaak vir ’n moeilike ekonomiese jaar. Volgens Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za, sal die gemiddelde gesin se beursie toenemend onder druk wees weens elektrisiteits- en watertariefverhogings wat ’n uitwerking het op die pryse van ander produkte sowel as skerp stygings in kospryse.
PriceWaterHouseCoopers bied weer, soos elke jaar, ‘n begrotingsrede funksie aan. Hierdie jaar is dit weer ‘n heerlike ontbyt saam met Theo Venter wat vir ons die begrotingsrede kom uitlê. Die tema is “creating opportunities in tough times”. Die funksie is “gratis en verniet” en word deur PWC geborg, en indien jy nie gaande oor ekonomie is nie, beloof die ontbyt om heerlik te wees. Die funksie word weereens in AfriSam se pragtige woongebied aangebied, waar die Desember Kersboom in die agtergrond slegs ‘n vae herinnering van die 2011 feestyd sal wees. Aangeheg is ‘n uitnodiging – sien jou daar!
In ons eie omgewing is daar altyd ‘n dagboek vol aktiwiteite wat voorlê. Publieke skole heropen op Woensdag 18 Januarie 2012, dus sal daar geskarrel word om skoolbenodighede en –klere aan te koop. Daar is ook klaar ‘n paar items op die Noordwester se kalender van gebeure geplaas vir hierdie jaar soos ‘n Waterfees wat in Februarie beplan word. Hoërskool Lichtenburg beplan ook reeds ‘n skooldans op 24 Februarie. Op 3 Maart is dit weer die Zebra Zamba wedloop aangebied deur die Lichtenburg Marathonklub en tussen 25 en 28 April is dit die Lichiefees. Vir enige verdere navrae oor hierdie en ander byeenkomste, hou die Noordwester dop.
Almal gesels ook oor die nuwe winkelsentrum wat langs die spoggerige Toyota Handelaar gebou word. Sodra ek meer hieroor het, stuur ek dit aan.
Groete
Namens die Lichtenburg Sakekamer bestuur
Read more...
Article Headlines
Sakekamer nuusbrief Januarie 2012
Sakekamer lede en belanghebbendes:
Welkom terug in 2012! Indien jy die golwe by die kus gaan aandurf het of sommer in Jan Tuisbly se tuin gaan rondstap het, is ons bly om jou hier in Lichtenburg en omgewing te hê. Indien daar lede is wat nog nie 2012
Read more...
Sakekamer nuusbrief 30 September 2011
Sakekamer lede en belanghebbendes,
Dis weer tyd vir skoolvakansies, sensusse en natuurlik in Potch, die Aardklop Kunstefees. Slegte nuus natuurlik vir vakansiegangers is dat Valsbaai in Kaapstad steeds gesluit is ná 'n witdoodshaai 'n swemmer by Clovel
Read more...
Die Strandlopers - Deur Ulrich Joubert
Hierdie is die 8ste ekonomiese oorsig vanjaar
Read more...
Die Strandlopers deur Ulrich Joubert
DIE STRANDLOPERS
Hierdie is die sesde verslag vanjaar.
Opmerking
Hierdie verslag is die hoogste wat nog die lig gesien het, naamlik sowat 33,000 vt
of 10 kilometer bo seevlak. Dis ook die eerste wat aanvanklik in die noordelike
halfrond bo die Atlant
Read more...
AHI Ekonomiese Barometer - Julie 2011
Indiensneming styg weer vinniger
Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers vir die eerste kwartaal van 2011, soos gemeet aan die
hand van die styging in die bruto binnelandse produk (BBP), het versnel tot 4,8% teen ’n
seisoenaal aangesuiwerde jaarkoers (saj
Read more...
Sakekamer nuusbrief Julie 2011
Vandag het ons weereens baie stories om te deel. Lees maar noukeurig die nuusbrief om seker te maak jy mis nie uit nie!
Read more...
Laws Amendment Bill
Please find attached a Tax Alert detailing the proposal in the newly released Draft Taxation Laws Amendment Bill 2011 whereby the current intra group tax roll-over relief in section 45 will be suspended with immediate effect from 3 June 2011.
Read more...
Sakekamer nuusbrief 2 Junie 2011
Ons is midde-in die winter, en dit is bibber-weer buitekant! Maak seker jy is lekker warm aangetrek, maar moenie vergeet van die organisasies wat goeie werk doen in ons gemeenskap wanneer jy die klere uitgooi wat dalk bietjie “gekrimp” het nie.
D
Read more...
Lichtenburg Chamber of Commerce annual business breakfast
On 25 May 2011 the Lichtenburg Chamber of Commerce held it’s annual business breakfast at the LaFarge Club hall. This inspiring event was sponsored by LaFarge and NWK. Claude Möller is a business- and life coach and also presents a motivational segment on
Read more...
Funksie met positiewe inslag vir Lichtenburg
As jy ook moeg is vir al die klaagliedere en weer nodig het om weer bietjie goed te voel oor ‘n klomp slegte goed, pak jou kla skoene weg en kom eet saam met die Lichtenburg sakelui en Claude Möller ontbyt op 25 Mei. Almal is welkom. NWK en LaFarge maak
Read more...
Latest News
Nuus in en om jou omgewing
Om te sien wat in en om jou omgewing aangaan besoek gerus ons eie Noordwester op die web by:
http://www.northwestnewspapers.co.za/noordwester/schools.html
Read more...
“Alles-in-een-fees” Hoërskool Lichtenburg 10 - 18 Augustus 2011.
Onthou van die Kunstefees wat plaasvind by Hoërskool Lichtenburg 10 - 18 Augustus 2011.
Die fees se naam is die “Alles-in-een-fees” en bekende kunstenaars soos Chris Chameleon en die Heuwels Fantasties gaan optree.
Op Vrydag 12 Augustus is daar 'n Kuns- en fotografieuitstalling, wat beloof om baie opwindend te wees. Dit vind plaas in die ou skoolsaal van Hoërskool Lichtenburg - 18:30 vir 19:00. Kom raak geïnspireer deur Merna Meyer (NWU-Opvoedkunde) en geniet ‘n vinge
Read more...

